Wednesday, June 9, 2010

LYING CHEATING BASTARDS

Today's topic lies so close to my heart that I need to write it in my "home tale". Afrikaans sal dit wees.










Ek weet 'n storie het twee kante, maar waar gaan dit eindig? Ja, ek praat van mans wat hulle vrouens verneuk. Die afgelope paar maande het dit weer goed gegaan met oorsese sterre asook ons plaaslike mans. Lekker man. Die man kry sakke vol publisiteit en die arme vrou moet die stukke optel nadat haar man nie sy drange in toom kon hou nie. En van die flippen flerries wat die mans afrokkel wil ek nie eers praat nie. "Oe, ek het nie geweet hy is getroud nie". "Hy het nie 'n ring gedra nie". Die ergste is die gewetenlose slette wat GEWEET het die man is getroud. My fok man. Jy karring mos nie in 'n ander mens se slaai nie. Sulke vrouens moet Sudan toe gestuur word en toegewerk word. En nee, ek glo nie aan oeroue Moslem gelowe nie maar as die skoen jou pas, trek hom aan. Vandag se moderne mans gaan aan asof hulle Saudi's is. Een vrou is nie genoeg nie.

Wat kan die redes wees?

- Publisiteit? (In die geval van bekendes)
- Doen jou vrou dit nie meer vir jou nie? Skei haar dan!!!
- Sensasie?
- of jy net plain jaggalas? Hoekom gryp jy nie jou vrou wat so mooi na jou en jou kinders kyk nie!

Jammer! Bill, Tiger, Joost, Andries, Jesse James en Jan Alleman, ek kry jou GLAD NIE JAMMER NIE. In fact, as jy my man was, was daar GEEN manier wat ek by jou sal staan nie. Ek sal begin soek vir 'n goedkoop hitman of vir Louisa Chatburn 'n luitjie gee.



No comments:

Post a Comment