Dit het ek net weer hierdie naweek gesien. (Ja, ek was gelukkig genoeg om BEIDE my ouers vir die naweek te kon entertain.)
Sy was laasweek vrot van die koors en glad nie lekker, maar het aangedring sy is fine. Ek was seker ek sou hulle nie sien nie, maar op die ou einde het die tweetjies hier aangekom.
My ma se wange het gelyk soos Ouma Dora s'n as sy 'n brandy saam met antie Henn gedrink het. (Van die koors en nie van drank nie hoor!) En tussen die koue lappies, die warm gloede en die toe bors, worry sy steeds oor ander mense en dat almal net okay en gelukkig moet wees.
Ek haal my hoed af ma.
Love you lots!
![]() |
| Ma en Bliksem |


Bliksem, maar Bliksem is Groot!!! Love die post!
ReplyDelete